logo image
   022 913 1630

Dr Saskia Smalberger

Tandarts

Dr Saskia Smalberger het aan die begin van Februarie 2018 by die praktyk aangesluit. Sy is ‘n boorling van die Kaap en het aan die UWK studeer waarna sy haar gemeenskapsdiensjaar by Scottburgh, KZN gedoen het. Benewens haar normale tandheelkundige verpligtinge gaan sy ook op kinders en voorkomende prosedures soos die skoonmaak en polering van hul tande fokus.