logo image
   022 913 1630

Dr Herold Truter

Tandarts

Dr Herold Truter, wie al 24 jaar as tandarts praktiseer, het aan Paarl Gimnasium matrikuleer en na voltooing van sy diensplig, verwerf hy sy B.Ch.D (Tandheelkunde) graad aan die Universiteit Stellenbosch aan die einde van 1992. Hy praktiseer vir 2 jaar by `n privaat praktyk in Kuilsrivier waarna hy die praktyk in Maart 1994 in Piketberg koop.

Ten einde `n meer uitgebreide diens aan die gemeenskappe in die omgewing van Piketberg te lewer, het hy ook satelietpraktyke in Velddrift gedurende 2000 en Citrusdal gedurende 2008 begin. Die besluit om `n tandarts te word, het hy al op `n jong ouderdom geneem en sy belangstelling en entoesiasme vir tandheelkundige gesondheidsorg het oor die jare toegeneem. Hy het ook al addisionele kursusse in ortodonsie, implantate, gevorderde chirurgie, botox en fillers gedoen

Hy stel voorwaar daarin belang om `n verskil te maak.