Welkom by Bergrivier Dental

My toegewyde span sien daarna uit om ons professionele reeks van tandheelkundige dienste met u te deel. Ons is trots op ons ten volle toegeruste chirurgiese eenheid en ons verskaf `n verskeidenheid algemene, voorkomende, herstellende, kosmetiese en ortodontiese dienste. Ons praktyk is in Piketberg geleë, met sateliet praktyke in Citrusdal en Velddrif.

Maak 'n Afspraak Lees Meer

Ons streef daarna om `n gerieflike en omgee omgewing te skep wat deur ons professionele tandheelkundige sorgdienste aangevul word.

Op grond van ons meer as 24 jaar ondervinding, het ons die belangrikste aspekte wat deel van gehalte tandheelkundige sorg uitmaak, geïdentifiseer. Dit strek verder as professionele tegniese prosedures en sluit in dokter-pasiënt verhoudings, `n ontspannende ontvangs en `n tandheelkundige sorg omgewing, asook deurlopende ondersteuning aan ons pasiënte.

Stel u belang in 'n skitterwit glimlag?

Ons het ‘n volledige reeks kosmetiese tandheelkundige opsies beskikbaar waaruit u kan kies.

Moenie dat mediese eise u onderkry nie.

Ons ervare span sal u met graagte help om u mediese eise elektronies in te dien.

Benodig u tandheelkundige chirurgie?

Ons ten volle toegeruste chirurgiese eenheid in Piketberg stel ons in staat om meer gekompliseerde prosedures met gemak uit te voer.

Stel u in die nuutste tegnologie belang?

Ons is ten volle met digitale x-straal toerusting toegerus.

In die knyp as gevolg van `n tandheelkundige noodgeval?

Ons probeer altyd om ons daaglikse skedule sodanig aan te pas ten einde u onvoorsiene noodgeval te kan akkommodeer.

Enige vrae?

Ons sal met graagte die verskeie opsies met u bespreek en verduidelik ten einde die beste oplossing aan te bied.

Ontmoet ons span

Ons belê deurentyd in ons span ten einde te verseker dat ons op hoogte van die nuutste ontwikkelings bly wat tandheelkundige dienste betref. Die lede van ons span woon gereeld opleidings- en ontwikkelingskursusse by ten einde te verseker dat ons die bes moontlike sorg aan ons pasiënte verskaf.

Dr Herold Truter

Tandarts

Dr Herold Truter, wie al 24 jaar as tandarts praktiseer, het aan Paarl Gimnasium… – Lees Meer

Dr Saskia Smalberger

Tandarts

Dr Saskia Smalberger het aan die begin van Februarie 2018 by die praktyk aangesluit… – Lees Meer

Elsabé Truter

Praktyk Bestuurder

Elsabe Truter is sedert Maart 1994 die praktyk bestuurder. Sy is getroud met Dr Truter… – Lees Meer

Elaine Vermeulen

Stoel Assistent

Elaine Vermeulen is sedert April 2006 ons stoelassistent. Elaine staan Dr du Preez by in die… – Lees Meer

Lizette Smit

Stoel Assistent

Lizette Smit, ‘n inwoner van Piketberg, is die nuwe stoelassistent wat in Februarie 2018… – Lees Meer

Monica de Lange

Ontvangsdame

Monica de Lange is sedert Februarie 2016 ons ontvangsdame in die satelietpraktyk… – Lees Meer

Corné Brynard

Debiteure Klerk

Cornè Brynard is sedert Desember 2015 ons debiteureklerk. Met `n belangstelling… – Lees Meer

Ons volledige lys van dienste

Ons verskaf `n volledige reeks tandheelkundige dienste, wat insluit algemene, voorkomende, herstellende, kosmetiese en ortodontiese dienste. Ons is ook in `n unieke posisie om tandheelkundige chirurgie in ons ten volle toegeruste chirurgiese eenheid in Piketberg te lewer.

Algemene en voorkomende tandheelkunde

  • Tandkleur (metaalvry) komposietstopsels
  • Fisuur seëls
  • Skoonmaak van tande (skaleer and poleer)
  • Kunsgebitte
  • Mondhigiëne

Herstellende tandheelkunde

  • Krone
  • Venere
  • Brûe
  • Wortelkanaal behandelings
  • Herstellings
  • Tandkleurige stopels

Ortodonsie

  • Verwyderbare apparate (plaatjies)
  • Vaste apparate (plaatjies)
  • Draatjies
  • Onsigbare draaitjies
  • Mondskerm

Mond chirurgie

  • Verwydering van verstand tande
  • Plasing van implantate
  • Chirurgiese ekstraksies
  • Chirugiese ortodonties aanhegtings
  • Intraveneuse sedasie
  • Algemene narkose

Kosmetiese tandheelkunde

  • Tandkleurige herstellings
  • “Smile make over” – krone, brûe en venere
  • Tandblyking
DSC_2568R
0
Jare Gesamentlike Ervaring
0
Jaar is oudste pasiënt
0
Ons eerste kliënt

Kontak Ons

Kontak gerus om 'n afspraak te maak

Kontak besonderhede

Tel: 022 913 1630

Faks: 022 913 1630

Rekeninge: 022 913 2925

info@bergrivierdental.co.za

Kosultasie ure - Piketberg Praktyk

Maandag – Vrydag 08:00-13:00 & 14:00-17:00

Saterdag: Slegs per afspraak

Piketberg Praktyk

Voortrekkerstr. 75, Piketberg, 7320

Afsprake: 022 913 1630

(Aanwysings)

Citrusdal Sateliet Praktyk

Voortrekkerstr. , Piketberg, 7320

Afsprake: 022 921 3110

(Aanwysings)

Velddrif Sateliet Praktyk

Hoofstr. 9, Laaiplek, 7365

Afsprake: 022 783 0092

(Aanwysings)

Stuur ons 'n epos

Stuur 'n epos vir enige navrae.

    Your Name (required)

    Your Email (required)

    Subject

    Your Message